PetroSA Marathon Versoek

PETROSA MARATON VERSOEK

Die 12e PetroSA 10km, 21km en 42km padwedlope vind weer op 27 Sep plaas. Die geleentheid maak ook deel uit van die Mosselbaai Sportfees.

Vanjaar se wedlope word weer deur Atletiek SWD gereël. ‘n Nuutjie vanjaar is dat daar ook om internasionale status vir hierdie wedloop aansoek gedoen word. Hiervoor gaan die organiseerders en al die atlete moet staatmaak op die ondersteuning van almal in Mosselbaai en vernaam die motoriste op ons paaie tydens die wedloop.

IAAF en ASA beamptes sal op wedloopdag teenwoordig wees. Hul taak is om die wedloop en gepaardgaande reëlings te beoordeel. Atlete van ten minste 5 besoekende lande sal ook deelneem. Hierdie internasionale atlete moes ook almal aan sekere kwalifiseerende standaarde, daargestel deur die IAAF, voldoen om te kom deelneem. Nasionale, provinsiaal en plaaslike atlete sal dan ook saam met hierdie wêreld sterre deelneem.

Van hierdie internasionale atlete wat hier kom deelneem is dan ook vanaf Frans sprekende lande. Nie alleen is Engels vir hul ‘n vreemde taal nie maar vir van hulle bestuur ons dan ook nog aan die verkeerde kant van die pad!!

Derhalwe word daar ‘n ernstige beroep op al ons Mosselbaai motoriste gedoen. Wees asb geduldig, bestuur versigtig en wees op die uitkyk vir hierdie padatlete op 27 Sep. Die atlete sal op Louis Fourieweg tussen Santos en Hartenbos beweeg en dan ook op die R102 tot in Kleinbrak, Reebok en weer terug. Kom ons wees akkommodeerend teenoor hierdie besoekende deelnemers – wees vriendelik en kom ons los hul almal met ‘n blywende en positiewe indruk van ons dorp en gemeenskap. Hulle sal dan weer in groter getalle wil kom deelneem en sal hul positiewe indrukke van ons omgewing, dorp en sy mense in hul lande weer deel – alles tot ons voordeel, hier plaaslik, in die ou end.

PetroSA is vol vertroue dat die plaaslike gemeenskap gaan saamwerk en help dat hierdie wedloop die internasionale erkenning kry. As sulks bied PetroSA meer as R500000 in prysgeld aan!! Daar is ook ‘n verdere R30000 opsy gesit vir tyd bonusse terwyl plaaslike atlete ook ‘n verdere R41000 in aanspoorings sal wen.

Deelnemers sal vanaf 07h00 tot ongeveer 11h30 op die paaie wees. Bestuur ‘n bietjie versigtiger – dit sal hul dalk hoogstens 5 minute langer neem om by u bestemming uit te kom. Dit is sekerlik ‘n minimale prys om te betaal in ruil vir wat die internasionale erkenning van hierdie wedloop vorentoe vir ons wonderlike dorp en omgewing kan beteken.

Die wedlope eindig dan by die Santos karavaan park. Almal is welkom om die deelnemers te kom ondersteun. Toegang is GRATIS. Daar sal verskeie kos stalletjies wees, almal ten bate van plaaslike welsyns organisasies. Suid Kaap Brouerye sal ook ‘n biertent en musiek daar hê – kom geniet ‘n yskoue Glenhoff daar. Vir die kinders is daar ook vele aktiwiteite gereël.

Kom ondersteun hierdie feestelikhede. Kom ons wys hierdie besoekers van ander wêreld dele waarvan Mosselbaaiers aanmekaar gesit is. Dagboek nou 27 Sep – ons vertrou ons sal almal in groot getalle daar sien.

Vir enige navrae kontak gerus die ASWD kantoor by 044 873 0023 (Michelle) of besoek gerus die webblad www.aswd.co.za

Die Einde

MICHéLLE JACOBSZ
(Athletics SWD – General Manager)

Tel: 044-8730023
Fax: 086 716 4610

       

Leave A Comment

Recent Posts

 
11 Medals by the ASWD team at the 2024 ASA U16, U18, U20, U23 Championships!
The 2024 ASWD team had their best showing at an ASA Championships in years, with no less the 4 Gold medals included in an overall 11 medal haul. There were also 9 new ASWD records. Congratulations to the following athletes and their Coaches : Lenka Viljoen GU16 Shotput – 1st 15.19m – ASWD Record Jayden
ASWD Masters Athletes Excel at the 2023 AFMA Championships!
Our ASWD Masters Athletes brought back a significant number of medals. Well done! Final Results AFMA Championship 2023 https://www.afma-champs-2023.co.za    
ASWD Coaches As Coaches and Athletes you always have to inform yourself on whether a specific medication is on the prohibited list. You might be surprised to what actually makes it onto the list! WADA Prohibited drugs -2023 list
SWD-atlete maak streek trots
SWD-Atlete Maak Streek Trots George Herald, Wednesday, 05 April 2023
On track to be stars
On Track To be Stars Journalist Zoë Fick | Wednesday, 26 April 2023,
TOP COACH AND ADMINISTRATOR ABRIE DE SWARDT PASSES AWAY
Originally published in Distance Running Results. For subscription information, send an e-mail to rielh@mweb.co.za OBITUARY                                                                                

Recent Comments

 

About Us

 

ASWD is a sporting organization with no political or social alignment to any body, or organization in the Republic of South Africa. ASWD is the sole organization administering and controlling athletics in the South Western Districts Area.

Contact Info

 

Use the following information to get in touch with us at Athletics SWD for any questions or queries

+27 (44) 873 0023
admin@aswd.co.za
98 Meade Street, George, 6530

.btn-1.small { padding: 3px 15px;} .related.products h2 { display:none !important; }